Binnelandse sake in die hoofstad is Donderdagoggend gesluit

Die ministerie van binnelandse sake se kantore in die hoofstad sal Donderdagoggend vanaf agt-uur tot half-drie gesluit wees en geen dienste sal aan die publiek gelewer word nie. President Hage Geingob sal die nuwe hoofkwartiere amptelik inhuldig. Sou kliënte nooddienste benodig, kan fasiliteite by hospitale benut word soos woordvoerder Sakeus Kadhikwa verduidelik.