Zambië se ekonomie sal met 4% groei

Die Zambiese regering verwag dat sy ekonomie op die mediumtermyn teen 4 persent per jaar sal groei. President Hakainde Hichilema sê hy is daarop gefokus om die land se skuldkrisis op te los. Nes talle ander lande op die vasteland en regoor die wêreld, is Zambië se ekonomie geteister deur wanbestuur en Covid-19. Aan die einde van Augustus vanjaar het die Internasionale Monetêre Fonds ‘n driejaar-lening van 1,3 miljard Amerikaanse dollar aan Zambië goedgekeur, ‘n deurslaggewende stap in die land se strewe om sy skuld te herstruktureer.