Jolie en Pitt baklei oor Franse wingerd

Angelina Jolie se voormalige beleggingsmaatskappy het Brad Pitt daarvan beskuldig dat hy ‘n wraaksugtige oorlog voer. Die maatskappy, Nouvel het ‘n dagvaardiging teen Pitt hangende gemaak in die stryd wat die twee voer oor ‘n Franse wingerd wat hulle saam gekoop het as getroude paartjie. In sy stukke, sê Nouvel Pitt het die wynmaak-aanleg heeltemal oorgeneem en bates verkwis op nietige projekte. Die maatskappy eis 250 miljoen Amerikaanse dollar in skadevergoeding.