Gedwonge verwydering is onmenslik – PDM

Die PDM-party het hom sterk uitgespreek teen die afbreek van huise by die Lwanyanda informele nedersetting op Katima Mulilo. Verskeie is reeds Donderdag afgebreek. Die grond is in 2019 verkoop vir ‘n ontwikkeling en die gemeenskap is verskuif maar, sommige inwoners het nie getrek nie. Die sekretaris-generaal van die party Manuel Ngaringombe wil weet waar moet die mense gaan? Hy sê die aksies is onmenslik.