Zambezi Lives Matter praat oor verhoudinge met Botswana

Die Namibiese verdedigingsminister, Frans Kapofi, het inwoners van Impalila-eiland verseker daar is niks verdag daaraan as Botswana se vliegtuie oor die eiland vlieg nie. Sy reaksie volg op die gemeenskap wat gekla het oor die Botswana weermag se vliegtuie wat oor die eiland gevlieg het. Sinvula Mudabeti van Zambezi Lives Matter het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.