Zambezi-goewerneur reageer op sprinkaantoep

Reaksie word ontvang op die aankondiging dat die toepassing, eLocust3m, wat deur die VN se Voedsel- en Landbou-organisasie geskep is, plaaslik benut gaan word. Dertig amptenare van die landbouministerie is reeds opgelei in die gebruik van die toep. Die goewerneur van die Zambezi-streek, Lawrence Sampofu, het gesê dit is ‘n baie belangrike toep omdat dit vroeë opsporing van sprinkaan-plae bewerkstellig.