Zambezi-goewerneur het reeds met boere vergader oor veediefstal

Boere in Zambezi gaan sedert Januarie vanjaar gebuk onder erge veediefstal, veral vanuit Zambië. Daar word berig die veediewe dreig boere met vuurwapens en slaan dan vlug in met die diere. Tussen 22 April en 22 Augustus vanjaar is daar 186 stuks vee gesteel met net 15 sake in die verband reeds oopgemaak en net 88 van die diere wat terug gevind is. Die boere is sat en vra vir beter grenpatrollies. Die streeksgoewerneur Lawrence Sampofu sê hulle het reeds met boere vergader om oplossings te soek.