SA-jeug kan nou aansoek doen vir 255 100 poste

Aansoeke vir fase vier van die Suid-Afrikaanse presidensiële werkskeppingsinisiatief vir die jeug in die Basiese Onderwyssektor open vandag. Die fase volg nadat die land se jeug voordeel getrek het uit meer as 850 000 werksgeleenthede wat ook opleiding ingesluit het. Die Departement van Basiese Onderwys se woordvoerder, Terence Khala, sê fase vier sal werksgeleenthede bied aan 255 100 jeugdiges in die nege provinsies: