Ebola: 16 gevalle bevestig, 18 vermoed

Uganda sê sy Ebola-gevalle het tot 16 mense gestyg, terwyl ‘n verdere 18 mense waarskynlik ook die siekte het. Daar is vrese oor die verspreiding van die stam waarvoor ‘n entstof nog nie ontwikkel is nie. In ‘n twiet het die ministerie van gesondheid gesê die dodetal van bevestigde gevalle bly vier terwyl 17 ander wat as waarskynlike gevalle geklassifiseer is, ook gesterf het. Die uitbreking het na drie distrikte versprei, almal in sentraal-Uganda. Die huidige uitbreking, wat toegeskryf word aan die Ebola Sudan-stam, blyk teen die begin van September in ‘n klein dorpie in Mubende-distrik begin het.