Z$33 miljard vir Zim-paaie

Die Zimbabwiese President Emmerson Mnangagwa het die land se paaie as ‘n noodtoestand beskryf. Duisende kilometers is onbegaanbaar en is van kritiese belang vir ekonomiese groei. Mnangagwa se regering het 33,6 miljard Zimbabwiese doller opsy gesit om 10 000 kilometer van die land se padnetwerk te rehabiliteer. Die buurland se Ekonoom Eddie Cross sê dit is ‘n uitstekende inisiatief.