Geingob vra vir oudit op August 26

President Hage Geingob het ‘n forensiese oudit aangevra van die kommersiële bedrywighede van die Namibiese weermag. Die August 26 Holdings-maatskappy is ‘n geruime tyd in die nuus met talle aantygings wat deur verskeie politici gemaak is. Die Minister van Verdediging Peter Vilho het ook onlangs bedank. President Geingob sê die kwessie gaan te lank aan.