Yslike sanksies teen Rusland, Zelensky ruk hom op
Die Amerikaanse president, Joe Biden het die eerste stel finansiële sanksies teen Rusland aangekondig. Dit volg nadat Rusland twee selfverklaarde republieke, Donetsk en Luhansk, in die ooste van Oekraïne erken en soldate daarheen gestuur het. Die Oekraïnse president, Volodymyr Zelensky, het op sy beurt gedreig om diplomatieke bande met Rusland te verbreek. Amerika het volle sanksies ingestel teen twee groot Russiese finansiële instellings, VEB en hulle militêre bank. Dit het ook tot gevolg dat die regering nie toegang het tot Westerse finansiering nie. Biden sê Amerika sal ook sanksies instel teen Rusland se rykes en hulle gesinslede: