‘Ysbom’ tref Amerika

Kragonderbrekings, vlug-kansellasies en padongelukke is enkele van die nagevolge van ‘n “ysbom” wat groot dele van Amerika getref het. Die koudste Kersdag in menseheugenis word vir talle stede van Pennsilvanië tot Georgia voorspel. Die lae temperature en gevolglik veryste paaie het reeds minstens 14 lewens geëis. Die Arktiese koue gekombineer met ‘n “sikloonbom” van swaar sneeu en loeiende winde het uit die Groot Mere-streek en in die Bo-Mississippi- en Ohio-vallei gebrul. Meer as 1,8 miljoen huishoudings en ondernemings is sonder krag, byna 4 000 vlugte is gekanselleer en meer as 10 000 vlugvertragings is aangemeld.