Somber Kersfees vir kinderhuise met geen toelae

Sommige kinderhuise in Gauteng het ‘n somber Kersfees aangesien die regering versuim het om toelaes oor te betaal. Die departement van maatskaplike ontwikkeling sê nie-nakoming is die rede vir betalings wat laat is. Die Epworth-kinderhuis in Germiston het nie sy befondsing ontvang nie. In sommige kinderhuise is aanpassings gemaak en uiteindelik is voldoening bereik, maar daar was niemand by die departement beskikbaar om betaling te verseker nie. Ander huise het hul toelaes ontvang nadat hulle moes spook daarvoor.