Stefan Ludik wens Namibiërs ‘n Kersdag saam met geliefdes toe

Stefan Ludik, die Namibiese sanger en akteur wat bekendheid in Suid-Afrika verwerf het, is al ‘n paar jaar terug in Namibië en woon en werk op Otjiwarongo. Hy was die eerste deelnemer wat Namibië in die realiteitstelevisieprogram Big Brother Africa verteenwoordig het. Hy wens alle Namibiërs geseënde Kersvieringe saam met hul geliefdes toe.