Ya Nangolo: Hage gaan kritiek kry oor sy omstrede keuses

Die omstrede hoof van die NamRights menseregte-organisasie Phil Ya Nangoloh sê Swapo-president Hage Geingob sal waarskynlik erge openbare kritiek kry oor sy aanstellings in Swapo se sentrale komitee en politburo. Ya Nangoloh sê dit sal beskou word as bevoordeling van persone wat óf skuldig bevind is aan korrupsie en óf wat besmet is deur Fishrot-korrupsieskandaal. Hy sê egter Geingob moet geloof word dat hy erken dat adjunk-premier Netumbo Nandi-Ndaitwah se herverkiesing as visepresident van Swapo volgens die reëls en prosedures, die outomatiese presidentskandidaat is. Ya Nangoloh het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.