SA lughawens gereed vir piek-toerismeseisoen

Die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika sê alles is gereed vir die spits-reistydperk op al sy lughawens. ACSA het kennis geneem van die verhoogde getalle by sy sleutelsentrums – OR Tambo, Kaapstad- en King Shaka Internasionale Lughawe. ACSA sê hy het verskeie tegnologie-oplossings bekendgestel, insluitend e-hekke, om passasiersverwerking te stroomlyn en toue te verkort. Die besigste dae sal na verwagting tussen vandag en Vrydag 6 Januarie wees.