Namibiese inflasiekoers vir November is 7%

Die Namibiese jaarlikse inflasiekoers vir November 2022 staan op sewe persent, vergeleke met 4,1 persent wat gedurende die ooreenstemmende tydperk van verlede jaar aangeteken is. Vervoer en voedsel en nie-alkoholiese drankies was die hoofbydraers tot inflasie, volgens die Namibiese Statistieke-agentskap se Verbruikersprys-indeks vir November. Op ‘n maandelikse basis is die inflasiekoers op 0,5 persent geraam vergeleke met 0,2 persent wat ‘n maand vroeër aangeteken is. Ekonoom Cons Karamata sê Namibië moet minder invoer, maar ons is nog ver van selfonderhoudend wees.