Xi spreek sy kommer uit oor die min babas wat gebore word

China sal beleid instel om sy geboortesyfer te verhoog, sê President Xi Jinping, aangesien beleidmakers bekommerd is dat ‘n dreigende afname in China se bevolking die wêreld se tweede grootste ekonomie kan benadeel. Alhoewel China 1,4 miljard mense het, die meeste in die wêreld, gaan sy geboortes vanjaar tot rekordlaagtepunte daal, sê demograwe. Dit het reeds met 11,5 persent gedaal tot onder 10 miljoen van verlede jaar se 10,6 miljoen babas. Die owerhede het ‘n een-kind-beleid van 1980 tot 2015 ingestel, later oorgeskakel na ‘n drie-kind-beleid, en erken die nasie is op die randjie van ‘n demografiese afswaai. China se geboortesyfer van 1,16 in 2021 was onder die 2,1-standaard vir ‘n stabiele bevolking en van die laagste ter wêreld.