Begunstigdes van Kaapse behuisingsprogram verkoop die huise

Die Wes-Kaapse staande komitee oor Menslike Nedersettings gaan met die provinsiale LUR vir Menslike Nedersettings, Tertuis Simmers, gesprek voer om die instelling van openbare opvoedingsprogramme oor die Breaking New Grounds-behuisingseenhede bekend te stel. Volgens ʼn woordvoerder van die DA, Matlhodi Maseko, was daar oor die jare verskeie gevalle waar sommige begunstigdes van staatsbehuisingseenhede hul huise kort na ontvangs verkoop het, net om weer na informele behuising te verskuif. Sy sê hierdie begunstigdes is dikwels onbewus van die wetgewing en regulasies ten opsigte van die ontvangs van die behuising: