Ramaphosa sê beleggings het onder die loep gekom in Saoedi-Arabië

President Cyril Ramaphosa sê sy staatsbesoek aan Saoedi-Arabië was gemik op die bevordering van diplomatieke en politieke verhoudinge tussen die twee lande. Sewentien memorandums van verstandhouding is onderteken. Dit sluit in samewerking om regstreekse beleggings te bevorder; tegniese samewerking in landbou, visserye en akwakultuur; en die vestiging van ‘n gesamentlike beleggingsfonds deur die twee lande. Ramaphosa sê ekonomiese bande was onderliggend aan die staatsbesoek:

Ramaphosa voeg by Saoedi-Arabië sien Suid-Afrika as ‘n poort na die res van die Afrikavasteland: