Gesondheid skuld voedselvoorsiener op Katima N$951 000

Daar word berig dat gesondheidsowerhede in die Zambezi-streek die verskaffer van voedsel aan die Katima Mulilo-staatshospitaal net meer as 951 000 Namibiese dollar skuld en dus, kry die pasiënte net brood om te eet. Die ministerie se woordvoerder, Walters Kamaya sê hulle hoop om teen môre die betaling te maak. Kamaya sê fakture word nog geverifieer. Volgens berigte is familielede van pasiënte uiters ongelukkig oor die stand van sake en sommige moet self vir kos sorg omdat pasiënte medikasie moet neem.