Wysigings aan inkomstebelasting bekend gemaak

Die Namibiese finansministerie het wysigings aan die Inkomstebelastingwet van 2022 bekend gemaak. Die wysigings maak belasting op die verkoop van petroleumlisensies of ‘n reg om petroleumbronne in Namibië te ontgin, moontlik, en is reeds vanaf 1 Januarie van krag. Die nuwe wysigings sal ook toesien dat aftreefondse en onderwyspolisse wat aan begunstigdes uitbetaal word slegs belasbaar is as die fondse meer as 150 000 Namibiese dollar is. Voorheen was die drempel 40 000 dollar. Prosedures en prosesse wat handel oor belasting, boetes en rente op belasting op toegevoegde waarde is ook effe aangepas.