Kerkleiers kom byeen vir samewerking vir maatskaplike vebetering

Die Shincheonji Church of Jesus Namibia bied vandag die eerste opedag-seminaar ooit vir pastore van verskeie kerkdenominasies aan. Die doel van hierdie geleentheid is dat die verteenwoordigers van Namibië se Christelike gemeenskap hande vat om eenheid te bewerkstellig vir die verbetering van die Namibiese samelewing. Die seminaar vind vanaf elf-uur in Windhoek plaas, maar sal ook op Zoom gestroom word, sê Richard Mario, die skakelbeampte van IBALI Africa.