Wynbedryf vandag in Wes-Kaapse hooggeregshof oor drankverbod

Die wynbedryfliggaam Vinpro is vandag in die Wes-Kaapse hooggeregshof waar sy dringende tussentydse interdik-aansoek aangehoor word. Vinpro wil die jongste drankverbod laat ophef. Hulle voer aan die Wes-Kaapse premier moet die mag hê om die nasionale verbod aan te pas om drankverkope vir gebruik op die perseel sowel as buite die perseel moontlik te maak. Vinpro sê indien hy suksesvol is, sal hy soortgelyke verligting vir ander provinsies versoek. Vinpro verteenwoordig ongeveer 2 600 Suid-Afrikaanse wynprodusente en belanghebbendes in die bedryf.