Rooivleis gevaar vir hartsiektes

‘n Meta-ontleding van studies het bewys die gevaar van hartsiektes neem oor tyd beduidend toe by mense wat bees-, lams-, vark- en verwerkte vleis eet. Die studie wat 1,4 miljoen mense oor 30 jaar gevolg het, is in die joernaal Critical Reviews in Food Science and Nutrition gepubliseer. Hartsiektes veroorsaak wêreldwyd die meeste sterftes. Volgens die studie verhoog elke 50 gram bees-, lams- of varkvleis die gevaar met nege persent. Elke 50 gram verwerkte vleis soos ontbytspek, ham of wors laat die risiko met 18 persent toeneem.