Keetmanshopers met agterstallige waterrekeninge, se water gaan afgesny word

Die Keetmanshoop-munisipaliteit sukkel om sy maandelikse NamWater-rekening te betaal en oorweeg nou om inwoners met agterstallige rekeninge se water op 8 Augustus af te sny. Die woordvoerder van die munisipaliteit, Dawn Kruger, het gesê in Junie was die dorp se NamWater-rekening 8,3 miljoen Namibiese dollar en kliënte kon slegs ses miljoen Namibiese dollar betaal. Kruger het ‘n beroep op inwoners met uitstaande rekeninge gedoen om in afbetalingsooreenkoms voor 7 Augustus met die munisipaliteit aan te gaan, voor hul water op 8 Augustus afgesny word.