WTO ontmoet oor patentreg

Die Wêreldhandelorganisasie sal vandag die aansoek deur Suid-Afrika en Indië om afstand te doen op patentreg oor Covid-entstowwe oorweeg. Die twee lande meen dit sal toegang tot entstowwe in ontwikkelende lande verbeter. Internasionale nuusagentskappe berig dat daar reeds 10 vergaderings in die afgelope 7 maande in die verband gehou is en daar is tot dusver geen uitsluitsel nie. Kommentators meen die kwessie kom neer op ryker lande soos Switserland, die VSA en land in die EU, in ‘n geveg met armer lande.