Maak die grens met Angola oop

Terwyl honderde Angolese vlugtelinge die land onwettig binnekom, sê die Namibiese Minister van Internasionale Betrekkinge Netumbo Nandi-Ndaitwah die grens tussen Namibië en Angola moet dringend oopgestel word om handel te hervat en die plaaslike ekonomie te herstel. Sy sê sedert die grens gesluit is, word daar meer oortredings aangemeld. In 2005 het die Namibiese regering ‘n ooreenkoms met Angolese owerhede onderteken om ’n 30-dag visum-vrye toegang toe te laat. Nandi-Ndaitwah sê dit moet verleng word tot 90 dae. In haar mening moet dit geld vir al Namibië se buurlande. Handel met Angola is volgens haar steeds te laag en dit moet aangespreek word, veral in die lig van die vasteland se vryhandel ooreenkoms.