Tender oor Psemas-administrasie steeds nie toegeken nie

Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing sal vandag verkryging by die openbare mediese fonds Psemas evalueer. Die fonds het onlangs gebuk gegaan onder talle aantygings van korrupsie en wanbestuur. Intussen wag die fonds steeds op die finale toekenning van die tender vir die bestuur van die fonds. Eben den Klerk van die Ekonomiese Beleidsnavorsing Vereniging sê daar is nog geen uitslag in die verband nie.