WP en Blou Bulle pak mekaar in Cravenweek-eindstryd

Rugby: Die gasheer van vanjaar se Cravenweek, Westelike Provinsie, kom vandag teen die Blou Bulle te staan in die hoofwedstryd van vanjaar se toernooi. Albei spanne is onoorwonne in die groepwedstryde. Dit is die eerste Cravenweek sedert 2019 en dieselfde twee spanne het toe ook in die laaste wedstryd teen mekaar te staan gekom. Die Westelike Provinsie het gewen. Alle wedstryde vanjaar word op die velde van die Hoër Seunskool Rondebosch in Kaapstad gespeel.