Appèlhof-sege ook ‘n oorwinning vir persvryheid

Die Namibiese dagblad Namibian Sun het sy appèlsaak in die hooggeregshof gewen, en daarmee saam is dit ‘n oorwinning vir persvryheid en beskerming vir joernaliste. Die koerant is hof toe gesleep deur ‘n wildboer wat beweer het hy is belaster deur die koerant se artikel in 2017 oor die haglike toestande waarin olifante in aanhouding gehou is. Johan Lombaard en sy maatskappy Golden Game CC, wat 200 000 Namibiese dollar geëis het, het aanvanklik in die hoërhof gewen, maar Regters Petrus Damaseb, Dave Smuts en Elton Hoff het in die hooggeregshof in die guns van die koerant beslis.