Spanne vir Katar getrek…

Spanje en Duitsland sal teen mekaar te staan kom in die hoofkragmeting van die 2022-wêreldbeker se groepfases. Die trekking vir die toernooi het gisteraand in Doha plaasgevind. Japan en/of Costa Rica of Nieu-Seeland sal in Groep E by die Spanjaarde en die Duitsers aansluit. Die gasheer-nasie Katar sal op 21 November in die openingswedstryd teen Ecuador te staan kom en is saam met Nederland en Senegal in Groep A.