Wolwe was voor woefs ons maats

‘n Nuwe studie het onthul wolwe was die mens se beste vriend voordat hulle honde geword het. Wetenskaplikes sê wolwe se reaksies toon iets in hulle DNS, voor hulle 15 000 jaar gelede makgemaak is, kon gelei het tot die honde wat ons vandag het. ‘n Gedrags-ekoloog aan die Stockholm Universiteit in Swede, Hansen Wheat, sê dit is baie duidelik dat wolwe, soos honde, ‘n bekende persoon bo ‘n vreemdeling verkies. Daar word berig hierdie bevinding weerspreek die idee dat honde se gehegtheid aan mense eers ontwikkel het nadat mense hulle makgemaak het.