Calland onttrek uit Phala Phala-paneel

Die Suid-Afrikaanse regs-akademikus Richard Calland het bewerings van partydigheid ontken toe hy sy besluit aangekondig het om te onttrek aan die onafhanklike paneel wat moet vasstel of daar ‘n prima facie-saak teen President Cyril Ramaphosa in die Phala Phala-geval is. Die paneel moet besluit of daar ‘n saak teen Ramaphosa uitgemaak kan word oor die diefstal van buitelandse valuta vanaf sy plaas in Limpopo. Die Parlementêre woordvoerder, Moloto Mothapo, sê die Speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, het Mahlape Sello aangestel om op die paneel te dien: