Mwiya is reg, SME’s moet beter toegang tot finansiering hê

Die Black Business Leadership Network of Namibia stem saam met die Namibiese Kamer van Handel en Nywerheid dat meer gedoen kan word om finansiering vir klein en medium ondernemings te vergemaklik. Charity Mwiya, die uitvoerende hoof van die kamer, sê die regering moet saam met die finansiële dienstesektor ondersoek instel na meer kreatiewe befondsing. Die voorsitter van die netwerk Eliphas Simon, sê ekonomiese bevryding is nodig in die land.