Woke tendense bedreig vryheid – DeSantis

Die kwessie van die LGBTQ-gemeenskap is plaaslik, op die vasteland en ook internasionaal in die nuus. In die VSA is daar ‘n stoeiery tussen Donald Trump en sy voormalige bondgenoot, Ron DeSantis oor die kwessie. Trump sê hy ondersteun die regte van die gemeenskap terwyl DeSantis effe meer konserwatief voorkom, veral met Florida, waar hy goewerneur is, se onderwysstelsel en sy bakleiery met die sogenaamde ‘woke’ tendense van veral Disney. DeSantis sê Amerikaners se vryheid word bedreig.