2022 was slegte jaar vir klimaatsverandering

Die Energie-instituut se jongste statistiek sê 2022 het die ergste uitwerking op klimaatsverandering gehad, aangesien die koolstofdioksied-uitstralings van die wêreldwye energiesektor ‘n rekordvlak bereik het. Die bevindings toon koolstofdioksied-uitstralings van energiegebruik, nywerheids-prosesse en metaan het tot 0,8 persent gestyg. Intussen het primêre energieverbruik verlede jaar met een-persent gegroei, terwyl fossielbrandstowwe oorheersend bly op 82 persent. Die instituut se president, Juliet Davenport, waarsku die sektor beweeg in die teenoorgestelde rigting van die Paryse klimaat-ooreenkoms se doelwitte.