Woestynleeus van Hoanibrivier beweeg na gebied met meer wild

Izak Smit van die Desert Lions Human Relations Aid het terugvoering van die Namibiese omgewingsministerie gekry oor ‘n groep woestynaangepaste leeus in die Hoanibrivier wat tans baie swaar kry. Beamptes van die omgewingsministerie het gaan ondersoek instel en bevestig dat die leeus na ‘n area beweeg het waar meer wild is wat hulle kan jag. Bevestiging is ontvang dat een van die welpies wel dood is. Smit vertel meer aan Kosmos 94.1 Nuus.