Minimumloon-kommissie hou dalk virtuele vergaderings

Die minimumloon-kommissie het sy openbare verhore uitgestel wat op 18 Junie op Otjiwarongo en 5 Julie op Swakopmund gehou sou word, maar die voorsitter van die kommissie, dr. Marius Kudumo, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê daar is ‘n moontlikheid dat die openbare verhore virtueel gehou kan word. Volgens die kommissie is die uitstel van vergadering genoodsaak weens die heersende Covid-infeksies en die huidige maatreëls. Tot dusver is Omaheke, Karas, Zambezi, Kavango-Oos, Ohangwena, Oshana en Kunene bedien. Skriftelike insette moet teen môre die kommissie bereik.