DA verwelkom Zuma se tronkstraf

Die DA het die Konstitusionele Hof se besluit verwelkom om oudpresident Jacob Zuma weens minagting van die hof tot 15 maande tronkstraf te vonnis. Die partyleier, John Steenhuisen, beskryf vandag se beslissing as ‘n groot oomblik in Suid-Afrika se geskiedenis.

Steenhuisen het tydens ‘n mediakonferensie oor die derde Covid-vlaag wat die land teister, die leierskap gekritiseer en die skuld vir die derde vlaag op die inentingsveldtog se stadige vordering gepak.