Hertz Energy doen aansoek vir uraan-prospekteerlisensies

Die Kanadese mynmaatskappy Hertz Energy het aansoek gedoen vir twee prospekteerlisensies vir uraan in Namibië. Die aansoek dek ‘n gebied van 9 627 hektaar in die Erongo-streek. Die eerste voorgestelde projek is 22km oos van Swakopmund en 30km suidwes van die Rossing-myn. Voorlopige data dui op mineralisasie soortgelyk aan dié van die Rossing-myn en die Etango-afsetting wat deur Bannerman Energy bedryf word. Die tweede voorgestelde projek is 40km noordoos van Swakopmund en 6km suid van Orano se Trekkopje-myn.