Woede oor moord op lyfwag van Ford Hare-visekanselier

Die Suid-Afrikaanse minister van hoër onderwys, wetenskap en innovasie, Blade Nzimande, is woedend en veroordeel die moord op die visekanselier van die Universiteit van Fort Hare se lyfwag, Mboneli Vesele. Die sluipmoord-aanval was waarskynlik vir Sakhele Buhlungu bedoel. Hy was ten tye van die aanval nie in die voertuig nie en is intussen na ‘n plek van veiligheid geskuif. ‘n Woordvoerder vir die departement, Ishmael Mnisi, sê Nzimande vra vir ‘n vinnige ondersoek en die inhegtenisneming van die aanvallers.