Geingob besoek oudpresident Nujoma, maar kry kritiek

President Hage Geingob sê oudpresident Sam Nujoma is nog gesond, in ‘n goeie luim en opgewek om uit te vind oor die toekoms van Namibië. Geingob het tydens sy vakansie by die kus ‘n besoek aan Nujoma by sy vakansiehuis op Hentiesbaai gebring. Presidentsvrou Monica Geingos het hom vergesel, asook die speaker van die Nasionale Vergadering, professor Peter KatjaviviI en Neville Andre, goewerneur van die Erongo-streek. Op sosiale media is kritiek uitgespreek waarom Geingob nie eerder die familie van die vermoorde vyf-jarige seuntjie van Walvisbaai, Wilfred Eiseb, besoek nie. Die liggaam van die seuntjie is Vrydagaand in die duine by Narravile deur ‘n verbyganger gevind en die slagoffer se 29-jarige stiefpa is in hegtenis geneem.