Nóg twee mans in Iran tereggestel

Twee mans is in Iran tereggestel omdat hulle na bewering ‘n lid van die land se Basij-veiligheidsmagte tydens landwye betogings in die stad Karaj naby Teherna vermoor het. Menseregtegroepe sê die twee mans in hul twintigs is saam met 14 ander in skynverhore aangekla en kon nie hul regsadviseurs kies nie. Seyed Mohammad Hosseini is na bewering gemartel om ‘n bekentenis te maak, terwyl Mohammad Mahdi Karami glo op ‘n eetstaking gegaan het uit protes teen sy vonnis. Dit volg na die teregstelling van nog twee Iranse betogers verlede maand. Een van die betogers is in die openbaar aan ‘n hyskraan gehang.