Woede oor 600-dae se inperking in SA

Die Instituut vir Rasseverhoudings in Suid-Afrika sê die ANC-regering moet die noodtoestand afskaf en die Covid-19-bevelsraad ontbind. Die buurland is vandag reeds 600 dae weens Covid-19 ingeperk. Gabriel Crouse van die instituut sê die verlenging van die noodtoetstand is ongrondwetlik en waarskynlik bedrieglik verwoord. Hy voeg by die instituut het nog geen antwoord van president Cyril Ramaphosa gekry nie, na aanleiding van die brief wat verlede week aan hom gestuur is. In dié brief word die staat van inperking bevraagteken: