Plakkerwetgewing saak in die hof vandag

Dimbulukeni Nauyoma se saak teen die Namibiese regering kom vandag voor. Regter Harold Geier sal na verwagting verhoordatums bepaal. Nauyoma dagvaar die Namibiese regering om die sogenaamde Proklamasie oor Plakkers van 1985 ter syde te stel. In sy mening is die wetsontwerp, wat gebruik word om plakkers wat onwettig op grond woon te verwyder, teenstrydig met die land se grondwet. Owerhede gebruik ook die wetgewing om mense sonder ‘n hofbevel te verwyder. Nauyoma sê die wet diskrimineer en ontneem mense die reg om ‘n woning te hê. Die regering verdedig die saak. Nauyoma, ‘n lid van die Regstellende Herposisionering Beweging sê hy het die saak in sy persoonlike kapasiteit gebring.