Wits-navorsers soek Donker Materie

Die Universiteit van die Witwatersrand sê navorsers het baanbrekerswerk gedoen en ‘n nuwe manier gevind om na Donker Materie te soek. Die bestaan van Donker Materie is ‘n vraag wat hoë-energie-wetenskaplikes en astrofisici regdeur die wêreld al dekades lank ondersoek. Professor Deepak Kar van Wits sê hulle het gewonder of Donker Materie-deeltjies werklik in ‘n stroom van standaard-deeltjies geproduseer word. Hy sê dit het gelei tot die verkenning van ‘n nuwe ontdekkings-model bekend as semi-sigbare strome, waarna wetenskaplikes nooit voorheen gekyk het nie.