SA polisie ‘oortree Vuurwapenwet’

AfriForum sê hy het inligting bekom wat daarop dui dat ʼn aansienlike aantal lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens tans onbevoeg is om onder die Vuurwapenwet wapens te hanteer. Die burgerregte-organisasie sê polisielede se vuurwapenbevoegdheid word slegs elke vyf jaar getoets in plaas van elke 12 maande soos voorheen voorgeskryf is. Jacques Broodryk van AfriForum sê hulle het omvattende inligting aangevra oor die huidige vuurwapenbevoegdheid van polisielede en die datum waarop lede se bevoegdheidsertifikate verval.