RG Snyman dalk in SA span

Rugby: Suid-Afrikaanse spanne stel glo belang in die dienste van die Springbok-slot, RG Snyman, na bevestiging hy gaan nie sy kontrak met Munster hernu nie. Hy het in 2020 by die Ierse span aangesluit, maar ʼn reeks beserings het hom verhinder om groot indruk te maak. Snyman het ʼn operasie in Suid-Afrika ondergaan nadat hy ʼn borsbesering opgedoen het in die Wêreldbeker-eindstryd teen die All Blacks. Mede-wenner van die Wêreldbeker, slot Jean Kleyn, het intussen sy kontrak met Munster met twee jaar verleng.